- Home
- Free App Analytics
- AfriForumTV
- AfriForumTV Vs. Landbou.com (Landbouweekblad)
AfriForumTV vs Landbou.com (Landbouweekblad) Usage & Stats
AfriForumTV.
Vermaak. Aanlyn.
AfriForumTV is ’n aanlyn platform waarvandaan kykers Afrikaanse inhoud van verskeie genres kan stroom. Dit bied ook ’n verskeidenheid kanale vir uiteenlopende smake wat jy met gemak op jou slimtoestel kan geniet.
AfriForumTV gee ook aan inhoudskeppers die geleentheid om hul inhoud te publiseer, mits dit aan AfriForumTV se waardes en die vereistes voldoen. Dié gebruikersvriendelike toep maak die publiek as ’n gemeenskap deel van ’n Afrikaanse platform.
Inhoud bestaan uit vermaak, nuus, aktualiteit, skolesport, realiteit- en leefstylprogramme, podsendings en kindervermaak.
AfriForumTV bied ’n registrasie-opsie vir elke gebruiker se gemaklike toegang. Die platform poog om die grootste aanlyn Afrikaanse digitale inhoudsplatform te word.
- Apple App Store
- Free
- News
Store Rank
- -
Landbou.com is die digitale tuiste van Landbouweekblad, wat al langer as 100 jaar deel van Suid-Afrikaanse boere se lewe is. Met die Landbou.com-app kan jy op die hoogte bly van die jongste landbounuus, weerinligting wat saak maak en huidige markpryse – alles gratis!
Jy kan ook gratis registreer om jou weerligging in te stel, verskeie landbounuusbriewe ontvang, jou gunsteling-artikels bêre om later te lees, en vrae instuur vir dr. Faffa Malan en sy span kundiges.
Word ’n intekenaar op die Landbou.com-app en kry toegang tot die jongste Landbouweekblad (nog voor dit die rak tref) én ’n argief van vyf jaar se uitgawes, sowel as elke uitgawe van ons spesiale tydskrifte Boerekos, Boereplanne, Vee, Tegnologie en Herlewing. Ons landboujoernaliste en medewerkers, wat wetenskaplikes, ekonome en markspesialiste insluit, skryf oor onderwerpe wat wissel van tegnologie en herlewingslandbou tot landbou-ekonomie en politieke vraagstukke.
Lees ook boeke soos dr. Faffa Malan se Vra die Veearts-reeks, Gids tot volhoubare produksie van weiding, en Theo Vorster se Familieboerderye in Suid-Afrika. As intekenaar kan jy ook na die nuutste episodes van Landbouweekliks kyk.
Landbouweekblad bied gereeld webinare aan vir ’n verskeidenheid van bedrywe, waar kenners inligting verskaf oor volhoubare boerderymetodes. As intekenaar kry jy toegang tot van dié webinare, sowel as afslag om dié webinare self by te woon. ’n Weeklikse nuusbulletin lig ook die belangrikste landbouinligting uit. Moet ook nie ons bekroonde kosredakteur Arina du Plessis se kosvideo’s misloop nie!
As intekenaar, kan jy ook:
• Kommentaar lees en plaas by artikels;
• Luister na artikels – of jy stroop of in jou bakkie ry;
• Drie artikels per maand met jou vriende deel;
• ’n Eksklusiewe nuusbrief vir intekenare ontvang.
Ons hoor graag van jou! Stuur gerus vir ons ’n boodskap in die app onder Profiel/Kontak ons.
Bepalings en voorwaardes: https://www.24.com/gebruikersvoorwaardes/
---------- ENGLISH ----------
Landbou.com is the digital home of Landbouweekblad, which has been part of the lives of South African farmers for more than 100 years. With the Landbou.com app you can stay up to date with the latest agricultural news, weather information that matters and current market prices – absolutely free!
You can also register for free to set up your weather information, receive various agricultural newsletters, save your favourite articles to read later and submit questions to dr Faffa Malan and his team of experts.
Become a subscriber to the Landbou.com app and get access to the latest Landbouweekblad (even before it hits the shelves) and an archive of five years' issues, as well as every issue of our special magazines: Boerekos, Boereplanne, Vee, Tegnologie and Herlewing. Our team of journalists and collaborators, which includes scientists, economists and market specialists, cover topics like technology, regenerative agriculture, agricultural economics and political matters.
Read books like dr. Faffa Malan's Vra die Veearts series, Gids tot volhoubare produksie van weiding and Theo Vorster's Familieboerderye in Suid-Afrika. As a subscriber you can also watch the latest episodes of Landbouweekliks.
Landbouweekblad hosts webinars for a variety of industries, where experts provide information on sustainable farming methods. As a subscriber you get access to some of these webinars, as well as discounts to attend these webinars yourself. A weekly news bulletin also highlights the most important agricultural information. Do not miss the food videos of our award-winning food editor, Arina du Plessis.
As a subscriber, you can also:
• Read and post comments on articles;
• Listen to articles – areno matter where you;
• Share three articles per month with your friends;
• Receive an exclusive newsletter for subscribers.
Terms and conditions: https://www.24.com/terms-and-conditions/
- Apple App Store
- Free
- News
Store Rank
- -
AfriForumTV vs. Landbou.com (Landbouweekblad) ranking comparison
Compare AfriForumTV ranking trend in the past 28 days vs. Landbou.com (Landbouweekblad)
Rank
No Data Available
AfriForumTV vs. Landbou.com (Landbouweekblad) ranking by country comparison
Compare AfriForumTV ranking trend in the past 28 days vs. Landbou.com (Landbouweekblad)
All categories
No Data Available
News
Compare to any site with our free trial
AfriForumTV VS.
Landbou.com (Landbouweekblad)
December 30, 2024